VLU-nuus

BEAUTY

Die lede van Beauty VLU sê hulle het ‘n vetplantparadys ontdek by Lida van Tonder, ‘n plaaslike inwoner. Haar pragtige tuin bestaan uit 99% vetplante van alle vorme en groottes.
Na afloop van hulle besoek aan dié lushof van vetplante het hulle die reuse kremetartboom by Swartwater van nader gaan bekyk.

MARKEN

Marken VLU se lede is dankbaar hulle het uiteindelik hulle eie tak

MARKEN — Marken VLU is die Bosveldstreek se nuwe tak en hulle het Woensdag 16 Augustus vir die tweede keer sedert hulle stigting in die Markenboeresaal bymekaargekom.
Die oggend was propvol aktiwiteite. Elna Henning het gedemonstreer hoe om die lekkerste platbrode met bolae en “Chelsea Buns” vir teetyd te bak.
Antonette van Wyk Wentzel het die jonger geslag die fynder kunsies van brei geleer. Saritha Roos het tot groot vermaak van die ander opgemerk dat sy nie geweet het dit is so moeilik om te brei nie.
Janette van Zyl het gewys hoe om ‘n venster mooi te versier met kantmateriaal en stensilwerk.
Rina van Staden, voorsitter van Baltimore VLU, het saamgekuier.

BALTIMORE

Baltimore VLU se lede het hulle Augustusbyeenkoms by Sterrepragkwekery gehou en Rina van Staden het haar bakkennis gedeel.
Die planne rondom ʼn lentetee en langtafelpiekniek word bespreek en die twee nuwe lede, Marlane Brits en Elize van der Merwe word verwelkom.

Leave a Reply

%d bloggers like this: