Troebel water

Vrydagoggend was die water in Onverwacht bruin en het inwoners reageer op die Water-en-Ligtekrisis-Lep-WhatsApp-groep en inwoners het heelwat foto’s ter illustrasie daarop geplaas.

LEPHALALE – Inwoners van Lephalale en Onverwacht was Vrydag 6 Oktober baie ontstoke oor die kleur van die water. Die water se kleur was ’n baie diep oranje/bruin wat ’n afsaksel gevorm het nadat dit ’n ruk gestaan het.
Daar is dadelik vinger gewys na die munisipaliteit, maar by navraag is vasgestel dat die fout by die Zeeland-wateraanleg ingesluip het en dat dit ’n operateursfout was.
Volgens dr Adrie Conradie van Exxaro Resources, het daar verlede Donderdag ’n oordosering van ferrichloried plaasgevind wat die bruin kleur van die water veroorsaak het. Volgens haar was die water binne ‘n dag weer skoon.
“Die ferrichloried word gebruik in die watersuiweringsproses – dit is dus nie giftig nie. Die roeskleur van die water is as gevolg van die ysterinhoud van die ferrichloried”, sê Conradie.
By navraag waarom sommige inwoners se water Maandag 9 Oktober steeds die bruin kleur gehad het, het hy gesê dat Exxaro net bewus is van die een voorval Donderdag en nie bewus is van enige ander soortgelyke voorval nie.
Conradie het bevestig dat daar wel aksies geloods is om ’n herhaling van die voorval in die toekoms te voorkom.

Leave a Reply

%d bloggers like this: