Soos goeie wyn …

Anette Eicker en Rene Lubbe aan’t
proe by ‘n uitstaller

LEPHALALE — Die Wynveld wynfees wat Saterdag 30 September by Mogolklub gehou is, “is die beste ding wat in dié dorp kon gebeur”. Dít was menige van die talle feesgangers se woorde. En dit wil gedoen wees in ag genome dat dit gereël is deur twee jong dames in die dorp, naamlik Biana Smith en Lize van Biljon.
Hulle sê die wynfees het al hulle verwagtinge oortref. Selfs die uitstallers wat van die “anderkant” van die land af hul wyne uitgestal het, was in hul skik want die meeste wyne was voor die einde van die dag reeds uitverkoop. Volgens die meeste van die wynkelders wat uitgestal het, sal hulle definitief graag weer dié fees in die Bosveld wil hou.
Die wynkelders wat uitgestal het was Beyerskloof, Lourensford, Labri, La Couronne, Paul Cluver, Jan Harmsgat, Hermanuspietersfontein, Seven Oaks, Koelenhof, Robertson, KWV, Perdeberg en Time4Wine.
Goeie wyn, boetiekbier, kaasborde, sushi, biltong, heerlike koffie, lekker musiek en feesgangers wat gekuier het soos ou vriende het gesorg vir die heerlike gees van die wynfees.
Bianca en Lize bedank Arona Rossouw en Francois Campher van @Sold Eiendomme vir hul borgskap van die proeglasies en gazebo’s. Hulle het ook ʼn kontantdonasie gemaak.
Na dié sukses is die kans baie groot dat die wynfees weer plaaslik aangebied gaan word. Hou gerus Wynveld se Facebookbladsy dop en gaan kyk ook op Mogol Pos se Facebook-bladsy om te sien hoe daar feesgevier is!

Leave a Reply

%d bloggers like this: