Kontrakteur sny glo watertoevoer af

Vrydagoggend was die water in Onverwacht bruin en het inwoners reageer op die Water-en-Ligtekrisis-Lep-WhatsApp-groep. (Berig elders)

Dit volg nadat Onverwacht Woensdag 4 Oktober vir ’n ruk lank nie water gehad het nie en beweringe gemaak is dat ’n ontevrede kontrakteur die water glo afgesny het. Die vuil water is toe deur sommiges met heelwat agterdog bejeën en is daar selfs gesê dat dit dalk as gevolg van sabotasie is.

Die kennisgewing van die DA se Sybil Niewoudt op die WhatsApp-groep oor die water wat afgesny was, is: “Ek wil net terugvoer gee oor vanoggend se water wat vanoggend af was in Onverwacht. Die kontrakteurs wat die nuwe waterpype lê het die water toegemaak by Palala reservoir agv ‘n loondispuut tussen hulle en die munisipaliteit.”

Inwoners het woedend daarop reageer en een het geskryf:  “hoe kry kontrakteurs dit reg, is hulle dan in beheer van ons reservoirs?”  Nog een sê: “probeer kortliks die redes gee waarom jy dit ontstellend (of gevaarlik) vind dat die kontrakteurs vrye toegang het tot ons watertoevoer”. 

Leave a Reply

%d bloggers like this: