Helder reënwater

Dié foto verskaf is geneem na reën en hael op die plaas Tilburg

Boere en inwoners van ons streek juig oor die goeie reën die afgelope naweek. Die reaksie was oorweldigend toe Mogol Pos gemeenskapsgroepe genooi het om reënvalinligting te verskaf.
  In die Monte Christo omgewing is 42 mm op die plaas Batclapis gemeet.
In die Beska-area is tussen 33 mm en 70 mm gemeet. (Aurora 43 mm, Kromhoek 44 mm, Weltevrede 54 mm, Mukilaka 42 mm, Nazungongo 33 mm, Ramusio 45 mm, Berg-en-dalen 46 mm, Stellenbosch 70 mm, Billiards 44 mm en Paradys 48 mm).
Palala/Susandale-area is 18 mm by Lettiesberg en 19 mm by Sarabell gemeet.
Op Tilburg by Beska-kop is 34 mm gemeet waar dit ook gehael het.
Slegs 9 mm is gemeet by Nooitgedacht in die rigting van Elmeston/Steenbokpan en ons verneem dat in die rigting van die Baviaanshoekplotte min of meer 30 mm gemeet is.
Shongoane het goeie reën gekry en die plase in daardie omgewing het tussen 60 mm en 110 mm gemeet.
Sondag ongeveer 19:30 het motoriste 70 km vanaf Lephalale op die Thabazimbi-pad deur ’n hewige reënbui en hael gery en was die sig so swak dat padogies nie raaksien kon word nie.
Alhoewel daar stroke is waar dit niks of weinig gereën het, is Bosvelders in die algemeen verheug oor die reën.
Limpopo se damme is hierdie jaar gemiddeld 70.80% vol teenoor verlede jaar se 46.40% in die oorstemmende tyd.
Die Mokolodam was reeds 90.90% vol volgens Departement Waterwese se damstatistieke wat op Maandag, 9 Oktober, vrygestel is.
Die Wes-Kaap se waterkrisis was volgens Waterwese se 9 Oktober-statistieke nog beroerd met slegs 36.10% gemiddeld in 43 damme. Die land se damvlakke kan by www.dwa.gov.za gelees word.

Leave a Reply

%d bloggers like this: