Hardekool Akademie

Landloop

LEPHALALE — Vyf leerders van Hardekool Akademie het onlangs aan die landswye BCVO-landloopkampioenskappe in Pretoria deelgeneem en hulle het drie medaljes ontvang.

Skaak

LEPHALALE — Sewe leerders van Hardekool Akademie het onlangs as spanne en individueel aan die landswye BCVO-skaakkampioenskappe in Pretoria deelgeneem en besonder goed presteer.
Stephan Pretorius, Cobus Pretorius en Deon de Beer wen die o. 9-kategorie en ontvang elk ʼn goue medalje. Cobus eindig ook algeheel eerste individueel.
Marthinus Pretorius en sy span het ʼn tweede plek behaal in die o. 11-kategorie en hy eindig algeheel tweede individueel.
Wian Lewies en Helgaard Muller is spanwenners in die o. 13-kategorie en hulle ontvang elk ʼn goue medalje.

Radikale redenaars

LEPHALALE — Cobus Pretorius (graad 2) van Hardekool Akademie het op 2 September deelgeneem aan die Limpopo-finale van die Radikale Redenaars-kompetisie. Hy vaar uitstekend en dring deur na die Nasionale kompetisie wat op 14 Oktober in Pretoria plaasvind.

Leave a Reply

%d bloggers like this: