Glansryke revueoptrede

LEPHALALE — Laerskool Ellisras het verlede week oor vier aande ʼn glansryke revue op die planke gebring met ʼn kaleidoskoop van kleur en klank en dartel en dans op die maat van gunstelingliedjies in verskeie tale. Die passie waarmee die leerders deelgeneem het was duidelik hoorbaar en sigbaar.
Die revue met die gepaste tema “Trots Suid-Afrikaans/Proudly South African” met die klem op eenheid het gesorg vir luide applous. Kort toneeltjies tussen die revueoptredes het bygedra tot die sukses van ʼn uitstaande geleentheid. Die hoogtepunt van die vertoning was wanneer die ‘sangeres’ haar Europese droom en kêrel opgee, haar kontrak beëindig en terugkeer na Suid-Afrika tot in die arms van haar eie mense.
Die onnies van Laerskool Ellisras het ook hulle buiging op die verhoog gemaak tot groot vermaak van die toeskouers.
Anton du Plessis, skoolhoof en Anita Erasmus, kultuurorgani-seerder, het almal bedank wat bygedra het tot die sukses van die revue, “en dit slegs in ʼn week se tyd van oefen,” het Anton gesê.

Leave a Reply

%d bloggers like this: