Carre-Lee gekroon as Queen RSA

Die bekende plaaslike model en skoonheid Carre-Lee Armstrong het tydens die afgelope skoolvakansie oor vier dae deelgeneem aan die Mini Miss RSA-kompetisie.
Sy word in haar kategorie as Queen RSA 2017 gekroon. Haar prestasie stel haar in staat om as titeldraer Suid-Afrika oorsee te gaan verteenwoordig.
Die kompetisie was straf en Carre-Lee is as een van die laaste vyf aangewys waarna dié finaliste elkeen ‘n vraag moes antwoord. Daarna is die top drie aangekondig.
Volgens Carre-Lee se ma, Louise, was haar dogter se kroning vir hulle as ouers ‘n groot verrassing en hulle is trots op haar.
Carre-Lee bedank almal wat ‘n bydrae tot haar sukses maak.

Leave a Reply

%d bloggers like this: