Bossies wen trofee

Laerskool Bosveld Primary en Laerskool Eugene Marais het vanaf 29 September tot 2 Oktober 2017 ’n gholftoer by Sesambos-gholflandgoed bygewoon.
Die onderwysers het hulle vakansie opgeoffer sodat die seuns hul gholftegnieke kan inoefen. Baie gholf is gespeel en spelers het die toer geniet.
Daar was ook ’n trofee op die spel wat die Bossies gewen het. Die afrigters sê die spelers is nou knap toegerus vir hulle volgende toernooi.

Leave a Reply

%d bloggers like this: