Bielie oorwin Malaria

Bielie Aucamp is uiteindelik terug by die huis na sy geweldige stryd met Malaria

LEPHALALE — Bielie Aucamp, wat vanaf die begin van Maart vanjaar baie ernstig siek was nadat hy met Malaria gediagnoseer is, is Vrydag 31 Maart uiteindelik ontslaan uit Die Wilgers Hospitaal in Pretoria en hy sterk tans tuis aan.
Bielie was bykans drie weke in die intensiewe sorgeenheid van die hospitaal waar die dokters deurgaans vir sy lewe geveg het.
Hy het in Tanzanië gewerk en was met vakansie in Suid-Afrika toe hy hier siek geword het.
Bielie en sy familie sê sy herstel is ‘n wonderwerk deur God se genade veral as in ag geneem word dat die dokters hom met sy opname in die hospitaal ‘n 10% kans op oorlewing gegee het.
Bielie en sy familie bedank die hele gemeenskap vir volgehoue gebed en ondersteuning gedurende die tyd wat hy siek was.
Die Gereformeerde Kerk Magol, waar Bielie ‘n lidmaat is, spreek ook hul opregte dankbaarheid uit teenoor God vir groot genade.

Leave a Reply

%d bloggers like this: