Bedrywige Beauty’s

Beauty taklede kyk toe hoe James die voëlwaterbak maak, terwyl Annalies Oosthuizen verduidelik hoe dit gedoen word. V.l.n.r.: James, Annalies Oosthuizen, Marita Folkus, Lida van Tonder (gas), Gerda Vos, Annalise Thornhill, Naomi Groenewald (gas) en Altie van der Linde

BEAUTY — Die vroue van Beauty VLU het onlangs ʼn lentevergadering saam met ʼn paar gaste gehou.
Annalies Oosthuizen van Baltimore-tak en James het hulle geleer om plaveistene en voëlwaterbakke te maak om hul tuine mee af te rond en Anet du Preez het hulle meer vertel oor die Boom van die Jaar, die Ebbeboom.
Met Kersfees om die draai het Catherine Greyvenstein hulle gewys hoe om kersversierings op ʼn maklike en goedkoop manier te maak.
Beauty VLU se volgende vergadering is op 4 Oktober. Skakel Adele Engelbrecht by 079 515 6357 vir meer besonderhede.

Leave a Reply

%d bloggers like this: